Hoe Verklaar Jy Dit? (rsg Potgooi)

Informações:

Synopsis

Wetenswaardighede oor die natuur en die wetenskap.

Episodes

  • Hoe verklaar jy dit?

    24/05/2020

    Hoe en uit wat het melkkliere ewolusionêr by soogdiere ontstaan? Het jy geweet varke het tot 18 melkkliere? Wat gebeur as tamaties te vroeg op die rak beland? Beïnvloed dit die geur en smaak daarvan? Hoe kry 'n mol dit reg om 'n hopie grond bo-op die uitgang van sy tonnel te kry as hy die grond agtertoe grawe? Wat is die verskil tussen tand- en blesmolle?

  • Hoe verklaar jy dit?

    17/05/2020

    Hoekom word jou horlosie se vermoë om akkuraatheid te behou, beinvloed tydens beurtkrag? Hoekom zoem 'n muskiet as hy nadervlieg om jou te byt? Hoe is die piramides oorspronklik gebou? Wat is die vertakte afbeelding op 'n klippie wat iemand opgetel het?

  • Hoe verklaar jy dit?

    10/05/2020

    Hoekom het soogdiere nie eierlêend gebly nie? Hoekom word soveel wilde diere in stede aangetref? En waarom hop sekere voëls, terwyl ander loop of stap soos mense?

  • Hoe verklaar jy dit?

    03/05/2020

    Hoekom het die hedendaagse organies gekweekte of winkeltamaties grootliks hulle heerlike geur en aroma verloor? Hoe het dinosourusse voortgeplant? Het hulle met 'n geslagsorgaan gekopuleer? Wat is die storie agter daardie breë slote in die rotse op die Griekse eiland, Paros?

  • Hoe verklaar jy dit?

    26/04/2020

    Wil jy meer weet oor virusse? Hoekom ruik rose lekker en ontlasting sleg? En, is dit waar dat duiwe mekaar voer wanneer hulle paar?

  • Hoe verklaar jy dit?

    19/04/2020

    Hoekom lê alle voels eiers, en waarom is daar nie voëlsoorte wat lewendbarend is nie? Waarom sien ons byna geen dooie voëls langs die pad nie? Is dit eties korrek om voëls kos te gee? Het jy geweet dat trekvoëls, voordat hulle op hulle jaarlikse migrasievlug vertrek, aansienlike vetreserwes opbou? Selfs tot 50% van hulle normale liggaamsmassa en ja, hulle vlieg dan steeds met gemak oor lang afstande. Waarom het 'n seekat drie harte, en hoe werk dit? As 'n muskiet jou kat op sy neus steek, sal dit opswel?

  • Hoe verklaar jy dit?

    12/04/2020

    Wat is daai goggatjies in jou swembadwater wanneer die water begin verdamp? Hoekom is Suid-Afrika so stabiel ten opsigte van aardbewings, orkane en vulkane? Sal daar 'n tyd kom dat daar geen water meer oor sal wees in die see nie?

  • Hoe verklaar jy dit?

    05/04/2020

    Al gehoor van die Suid-Amerikaanse meelmot? Wat is die ruspe met die wit stippels wat 'n luisteraar in sy huis gevind het? Wil jy meer weet van plantluise en parasiete op insekte? En wat op aarde is die groen liggie of vlammetjie wat vir 'n sekonde of twee op die son te siene is tydens sonsondergang?

  • Hoe verklaar jy dit?

    29/03/2020

    Al gehoor van die krimpvarkie-spinnekop? Wat is die Afrika Bolas-spinnekop? En, wil jy meer weet van die ewolusie van die geslagsorgaan by plasenta- en buidel-soogdiere?

  • Hoe verklaar jy dit?

    22/03/2020

    Eet bokke soms grond, en hoekom? Wat is kropmelk, en hoe hou duiwe die kropmelk geskei van die saad wat hulle inneem?

  • Hoe verklaar jy dit?

    15/03/2020

    Hoe gemaak as jou papegaai sy vere uit trek? Al gehoor van die gorrel-skurwepadda? Het jy geweet 'n wyfie-gorrel-skurwepadda kan enigiets van 10 000 tot 25 000 eiers per slag lê? En sê nou byvoorbeeld jy vang die skurwepadda, en gaan laat hom los 'n paar kilometer van jou huis af, wat is die kans dat hy sal terugkom?

  • Hoe verklaar jy dit?

    07/03/2020

    Wat is 'n snuitkewer? Wat is die oorsprong van plaveiselklippe op Nieuwoudtville? Daar is ook meer inligting oor geelstervisse.

  • Hoe verklaar jy dit?

    01/03/2020

    Wat weet jy van mierleeus? Al gehoor van insekte wat hulle vlerke inwendig dra? Wat laat die aarde draai, wanneer het dit begin, en wat het dit veroorsaak?Wat weet jy van mierleeus? Al gehoor van insekte wat hulle vlerke inwendig dra? Wat laat die aarde draai, wanneer het dit begin, en wat het dit veroorsaak?

  • Hoe verklaar jy dit?

    23/02/2020

    Het jy geweet in die Ooste kom daar duiwe voor wat so min as 22 gram weeg? Hoekom koer duiwe in die nag? Kan jy die aarde se gewig presies bepaal? Jy het seker nooit gedink aan sampioene as tweeslagtig nie, ne? Wel, dis waar, daar is mannetjies en wyfies!

  • Hoe verklaar jy dit?

    16/02/2020

    Besef jy dat 'n vlermuis nie kan loop nie? En wil jy weet of hulle werklik bloed suig? Al gehoor van die Bongo-mot? En wat is die storie van die draaiende staalkop wat Haidee Muller in die pos ontvang het?

  • Hoe verklaar jy dit?

    09/02/2020

    Al gehoor van die gespikkelde bosslang? Het jy geweet as Miljoentjies naby roofvisse is, verloor hulle hulle kleur? Wat dryf ewolusie? Kan jy doelgerigtheid aan 'n dier toeskryf?

  • Hoe verklaar jy dit?

    02/02/2020

    Hoekom plant paddas net in tydelike waterbronne voort? Hoekom kan hulle nie ook byvoorbeeld in plaasdamme voortplant nie? Het jy geweet brulpaddas benodig ongeveer 65 mm en meer reën binne twee dae om voortplanting aan te skakel? En wat op aarde is die ringklippe wat op 'n plaas in die Vrystaat opgetel is?

  • Hoe verklaar jy dit?

    26/01/2020

    Waar en waarom het besnydenisse begin? 'n Mens kan myte nie gewoonlik met die oog raaksien nie, maar, het jy geweet daar bestaan myte wat tot 12 mm groot is, en dat die wyfiemyt tot 100,000 eiers kan lê? En het jy geweet dat mytekstrakte in Oosterse medisyne gebruik word, wat glo as hulpmiddel teen manlike onvrugbaarheid dien?

  • Hoe verklaar jy dit?

    19/01/2020

    Het jy geweet 'n kameelperd kan in alle rigtings skop, kragtig genoeg om Oom Leeu dood te skop of selfs te onthoof as hy regtig wil? Hoe eet 'n kameelperd dorings sonder dat sy tong iets oorkom? Studies het getoon dat van die 200 000 rooivalke wat bering is sedert 1948, is net 3 ringe teruggekry. En van Dave se 550 rooivalke wat bering is, is een teruggekry. Sal 'n wyfie van Moskou na Suid-Afrika vlieg, verlief raak op 'n mannetjie van Madrid en saam met hom Spanje toe vlieg? Savel Daniels en Dave Pepler beantwoord die vrae.

  • Hoe verklaar jy dit?

    12/01/2020

    Is daar lewe, soos ons dit ken, in die buitenste ruim? Hoe kry jy jou hande op brekfis-heuning sonder om die byekorf oop te maak? Ons gesels oor 'n oulike kontrêpsie wat 'n luisteraar daaroor ingestuur het.

page 2 from 2