Radio Scriptura

Informações:

Synopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodes

  • Wie is my naaste?

    23/03/2018 Duration: 15min

    'n Vraag wat soms te min aandag verdien is: "wie is my naaste nou eintlik?" Ek moet immers, as Christen my naaste liefhê! In hierdie episode kyk ons na Lukas 10 vir drie belangrike rigtingwysers om hierdie vraag te beantwoord: (1) Luk. 10:29| Maar hy wou homself regverdig (2) Luk. 10:36| Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het? (3) Luk. 10:37| En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so. Wie is my naaste? Ons moet eerder vra: vir wie is ek 'n naaste? KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p

  • Hebrew Roots

    09/03/2018 Duration: 50min

    (1) Kenmerke van die Messiaanse Jode (Hebrew Roots) - hoe ken ek iemand uit wat deur die beweging beïnvloed is? (2) Wat is die ideologie - wat glo hulle? Wat is die kern waaroor HR gaan? (3) Die Bybel en die HR beweging (4) Hoe benader ons iemand in die HR beweging? Hoe reageer ons en hoe help ons hulle? KONTAK: Sluit aan by ons Slack-gemeenskap (eksklusiewe bonusmateriaal en meer): https://scripturaforum.slack.com  LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p

  • Mattheus 5. Honger en dors

    23/02/2018 Duration: 12min

    Skrifoordenking uit Mattheus 5 oor die Ewige, Hemelse Brood en die ewige honger en dors, daarsonder. 

  • Spreek Lewe?!

    16/02/2018 Duration: 33min

    Al ooit gehoor hoe iemand sê: "spreek net die goeie oor jou uit!" ? Al gehoor van iemand wat sê ons moet nie "dood" spreek nie, maar "lewe"? Ons dink en gesels saam hieroor, rondom die Skrif. KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p  

  • Radio Scriptura se visie en missie

    09/02/2018 Duration: 05min

    Ons wil die Bybel in die middelpunt van elke aspek van ons lewens plaas, want ons glo dat ons die naaste aan die Here leef, wanneer Sy Woord in ons leef. KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p

  • Isolasie en geheimhouding na trauma

    02/02/2018 Duration: 46min

    Ons gesels o.a. met 'n maatskaplike werkster oor 'n luisteraar se vraag oor isolasie en geheimhouding, na 'n traumatiese gebeurtenis - is isolasie goed? Hoekom hou ons geheime na trauma? 

  • Hoe loop mens die pad van heiligmaking?

    26/01/2018 Duration: 12min

    Prof. Henk Stoker beantwoord die luisteraarsvraag: "Ons weet almal van regverdigmaking deur Jesus Christus maar daarna...hoe loop 'n mens die pad van heiligmaking? Is alles net die Heilige se werk of het ek as mens 'n rol om te speel?"   KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p

  • Galasiërs 1. Vervalste nuus is slegte nuus

    05/01/2018 Duration: 07min

    Ons word in Galasiërs 1 indringend gewaarsku om nie deur watter rede ook al na 'n valse evangelie verlok te word nie. Enige ander boodskap - wat Christus NIE in die sentrum plaas nie, of wat Christus PLUS verkondig, is nie goeie nuus nie.

  • Kersfees?

    22/12/2017 Duration: 31min

    Luisteraarsvraag: "Is Kersfees nie ook maar 'n heidense fees, soos Halloween nie?" KONTAK: Webblad: http://scriptura.co.za E-pos: info@scriptura.co.za Whatsapp: https://goo.gl/ZqugMZ Facebook: @scripturaweb Twitter: @scriptura_tweet   LUISTER HIER: iTunes: https://goo.gl/WZabuC TuneIn: https://goo.gl/TtcJXE Stitcher: https://goo.gl/Ljo72p

  • Geloftedag?

    14/12/2017 Duration: 29min

    Luisteraarsvraag: "Iets waarmee ek al jare lank worstel is die Bloedrivier gelofte...Ek voel aan dat die teologie agter die gelofte gebroke is...en as't ware 'n nasionale dwaling geword het"

  • Die getuienis van 'n ex-charismaat: Verlossing van myself

    08/12/2017 Duration: 10min

    Hierdie is deel 3 van 3 in die reeks "Die getuienis van 'n ex-charismaat". Wat is die groot verskil tussen die Charismatiese leer en die Gereformeerde leer, wat uiteindelik tot Jaco de Beer se bekering gelei het? In hierdie episode is daar ook 'n boodskap wat hy as ex-charismaat rig aan Charismatiese luisteraars

  • Die getuienis van 'n ex-charismaat: Visioene, Profesie & Tale

    01/12/2017 Duration: 09min

    Hierdie is deel 2 van 3 in die reeks "Die getuienis van 'n ex-charismaat". Is visioene, profesieë en die tipe belewenisse in die Charismatiese Kerk eg, of is dit alles mense se verbeelding? Hoe ervaar mense hierdie "bonatuurlike" belewenisse? 

  • Die getuienis van 'n ex-charismaat: Soeke na God

    24/11/2017 Duration: 18min

    Hierdie is deel 1 van 3 in die reeks "Die getuienis van 'n ex-charismaat". Jaco de Beer vertel hoe hy in die Charismatiese Beweging beland het, wat hy daar beleef het (visioene, profesieë) en hoekom hy nie meer vandag in daardie kringe beweeg nie.

  • Mag ons met die Here onderhandel?

    10/11/2017 Duration: 20min

    Gelowiges is soms in moeilike situasies, wat maak dat ons dan soms met God wil onderhandel: "Here, as U...dan sal ek..." Maar wat sê die Bybel? Mag ons met die Here onderhandel?

  • Esra 3.Hoe kan ek dankbaar aanbid?

    07/11/2017 Duration: 05min

    Esra 3 wys o.a dankbare aanbidding is nie noodwendig net die teenwoordigheid van emosie nie. Dankbare aanbidding van die Here is gehoorsaamheid, lofprysing en blydskap oor Sy goedheid vandag!

  • Soli Deo Gloria

    31/10/2017 Duration: 19min

    Die vyf solae: SOLI DEO GLORIA Dit is die laaste episode in 'n kort Reformasie-reeks - alles gaan oor God se eer! In hierdie episode gesels ons oor wat dit beteken in ons lewens van elke dag

  • Solus Christus

    30/10/2017 Duration: 05min

    Die vyf solae: SOLUS CHRISTUS. Jan-Louis Lee verduidelik wat "Christus alleen" in die Skrif beteken

  • Sola Scriptura

    29/10/2017 Duration: 12min

    Die vyf solae: SOLA SCRIPTURA. Marnix Boersema verduidelik wat "die Skrif alleen" beteken

  • Sola Fide

    28/10/2017 Duration: 07min

    Die vyf solae: SOLA FIDE. Zak Scholtz verduidelik wat "geloof alleen" in die Skrif beteken

  • Sola Gratia

    27/10/2017 Duration: 11min

    Die vyf solae: SOLA GRATIA. Gerhard van Rhyn verduidelik wat "genade alleen" in die Skrif beteken

page 15 from 16