Radio Scriptura

Informações:

Synopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodes

  • Die Tien Gebooie: Die Tiende Gebod

    05/12/2023 Duration: 32min

    Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie;  jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Wat is die hart se gesindheid?  Wat beteken die woord begeer? Waaroor gaan vleeslike begeertes, en hoe stry ons daarteen? 

  • Perspektief: November 2022

    28/11/2023 Duration: 33min

    Scriptura werp Bybelse lig op die nuwe regulasies vir landbou-uitvoere vir blanke boere, die voorgestelde Bela wetsontwerp vir onderwys en skole, en Nederland se regse politieke party wat hul kultuur verdedig en stry teen massa immigrasie.  Mag enige wet, taal of kultuur in die pad van die evangelie staan? Hoe kan ons die staat verantwoordelik hou vir goeie regering, ekonomiese bestuur, vryheid van geloof en ons goddelike mandaat vir die opvoeding van ons kinders?

  • Die Tien Gebooie: Die Negende Gebod

    21/11/2023 Duration: 39min

    Wat is waarheid?  Wat word in die negende gebod gebied en verbied, en wat is die hart van die gebod?  Hoe handhaaf ons die waarheid in die samelewing?  Hoe praat ons van ons naaste, oor ons naaste en met ons naaste?   Het ons nog 'n liefde vir die waarheid, en beskerm ons nog die reputasie van ons naaste?  

  • Die Tien Gebooie: Die Agtste Gebod

    14/11/2023 Duration: 34min

    Waar kry jy alles wat jy besit?  Wat van jou gawes en talente?  Wat beteken die agtste gebod vir ons wie God opreg wil dien?  Watter vorms van steel bestaan daar? Hoe speel dit uit in die samelewing en in jou eie lewe?  Hoe eerlik is ons met ons tyd, geld en aandag, sodat ons die middele tot ons beskikking ook nie misbruik nie?  Wat ontvang ons terug vir ons vrygewigheid en ons offers aan God?  Wat is die verband tussen materiële diefstal en om van harte te beroof?

  • Die Tien Gebooie: Die Sewende Gebod

    07/11/2023 Duration: 39min

    Waarom is die huwelik heilig, en hoekom is egbreuk sonde?  Hoekom moet ons God met ons liggame dien?  Wat is die regte uitleef van ons seksualiteit?  Hoe kan gelowiges hulself beskerm teen onkuisheid?  Hoe moet ongetroudes hieroor handel en dink?  Vlug weg van onsedelikheid, want jou liggaam is die tempel van God.  Jy is duur gekoop. 

  • Perspektief: Oktober 2023

    30/10/2023 Duration: 39min

    In Perspektief - Oktober 2023, gesels Scriptura oor die aanval van Moslem millitante groep, Hamas, op Gaza, asook die NG kerk se besluit oor selfde geslag verbintenisse op hul sinode vergadering van 2023. 

  • Die Tien Gebooie: Die Sesde Gebod

    24/10/2023 Duration: 21min

    "Jy mag nie moord pleeg nie", is die woorde van die sesde gebod.  Wie gee lewe, en wie bepaal die waarde van die menslike lewe?  Wanneer mag daar dood gemaak word volgens die Skrif? In watter kategorie val aborsie, selfverdediging? Tot watter mate moet ons lewe beskerm en die goeie van ons naaste soek? Is die dood die grootste ellende wat jou kan tref?

  • Die Tien Gebooie: Die Vyfde Gebod

    17/10/2023 Duration: 39min

    Waarom is die vyfde gebod belangrik?  Deur wie wil God jou regeer?  Wat is die gevolge van ongehoorsaamheid aan gesagstrukture?  Die gebod met 'n belofte het vir diegene wat dit gehoorsaam:  "Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee."

  • Perspektief: September 2023

    10/10/2023 Duration: 34min

    Scriptura bespreek drie onderwerpe in Perspektief van September 2023, naamlik: dieremishandeling en diereverering kry dieselfde status,  Christenskap groei in Iran ongeag vervolging, en op Erfenisdag was daar 'n byeenkoms van die Sciëntologie-kerk (Christian Science) in Suid-Afrika by Castle Kyalami met die Ubuntu tema.

  • Die Tien Gebooie: Die Vierde Gebod

    26/09/2023 Duration: 37min

    Wat gee God in Eksodus 20 :9-10 vir ons?  Tyd om te werk en tyd om te rus in Hom.   Ons moet die  sewende dag van die week - die sabbat van ons God -  heilig hou.  Ons is uitgelei uit slawerny, en hoef dus nie slawe van werk te wees nie.  Ons voorspoed hang nie van werk, ondernemings of skool af nie.  Dit is God wat ons onderhou, versorg en voed met Sy woord om die christelike lewe te leef in troue gehoorsaamheid. 

  • Die Tien Gebooie - Die Derde Gebod

    19/09/2023 Duration: 35min

    Die ydelike gebruik van die naam van God tas Sy wese direk aan.   Misbruik van God se naam sluit in die betekenislose, onnadenkende gebruik van Sy naam, direkte laster teen God, asook ons stilswye wanneer Sy naam misbruik word.  Slaan ons nog ag daarop as ons dit hoor, en stel ons dit reg of wys ons dit uit in die samelewing?  Of is ons aandadig deur ons stilswye?  Staan ongelowiges skuldig aan hierdie sonde, selfs al glo hulle nie in God nie?  Leef sommige Christene asof God nie bestaan nie?  Hoe lyk praktiese ateisme in gelowige sirkels, en hoe mag ons 'n eed aflê?

  • Die Tien Gebooie: Die Tweede Gebod

    05/09/2023 Duration: 30min

    Wat verbied God in die tweede gebod? Hoe wil God hê moet ons Hom aanbid en op watter manier? Kan ons dit met of deur enige ander mensgemaakte afbeelding of voorstelling doen?  As ons 'n verkeerde beeld van God het, sal ons Hom gevolglik ook verkeerd aanbid. Hoe reflekteer ons hedendaagse geestelike musiek en "nuwerwetse" gebruike in ons kerke eintlik 'n valse beeld van God?

  • Perspektief: Augustus 2023

    29/08/2023 Duration: 32min

    Scriptura gesels oor twee onderwerpe in Perspektief van Augustus 2023: geslagsneutrale huweliksontwerp en 'n nuwe kategismus van menslike seksualitei. Het die christelike kerk nog bestaansreg in terme van die huweliksbevestiging? Wat is die sentrale werk van die kerk teenoor die staat? Is die hedendaagse kultuur besig om jou en jou kinders te katkiseer volgens hulle oortuigings van menslike seksualiteit, of is dit nog die woord van God? Hoe het God geslag en seksualiteit ontwerp? 

  • Die Tien Gebooie: Die Eerste Gebod

    22/08/2023 Duration: 29min

    Die hart van die mens neig tot afgodery, en plaas homself graag bo God.   Maar nadat Hy ons red, leer Jesus vir ons die eerste gebod.  "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.   Dit is die eerste en groot gebod."  En in Eksodus 20 , "  Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie.  Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie;  want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;   en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou.”    Wat beteken die eerste van God se tien gebooie vir ons, en waarom moet ons elke dag poog om dit te gehoorsaam?

  • Luisteraarsvraag: Kunsmatige Intelligensie

    15/08/2023 Duration: 34min

    Met watter wêreldbeskouing benader ons tegnologie en kunsmatige intelligensie? Kan ons God daarmee verheerlik of is dit net sleg?  Scriptura bespreek 'n luisteraar se vraag en stelling oor AI tegnologie net inleidend om sin te maak van die punt waar ons tans daarmee trek. Daar is baie etiese vrae wat voortvloei vanaf tegnologiese ontwikkelings, en dit kan weer in die toekoms hierdie gesprek oopmaak met meer besonderhede. 

  • Die Tien Gebooie: Die Evangelie van die Wet

    08/08/2023 Duration: 31min

    Wat word deur die wet belig?  Plaas die wet 'n ondraaglike las op gelowiges?  Waarin lê ons redding werklik?  Wat moet die gelowige se verhouding tot die wet wees?  In die derde aflewering van die tien gebooie reeks gesels Scriptura oor die evangelie wat ons red, omdat die wet nie kan nie.  

  • Perspektief: Julie 2023

    01/08/2023 Duration: 44min

    In Perspektief gesels Scriptura oor twee films naamlik Sound of Freedom en Barbie, asook oor die beplande Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds.  

  • Die Tien gebooie: Drievoudige toepassing van die Wet

    25/07/2023 Duration: 31min

    Scriptura bespreek in meer diepte die drievoudige toepassing van die wet.  Wat is die verskil tussen die drieledige aard van die wet teenoor die drie toepassings of gebruike van die wet?  Hoe pas ons die wet vandag op ons eie lewens toe?  Wat is die konsekwensies en gevolge van wetteloosheid?  Wat is die etiese kwessies van ons tyd vanweë wetteloosheid in die samelewing?  

  • Die Tien Gebooie: Die Mosaïese verbond as bediening van genade

    18/07/2023 Duration: 35min

    Episode 1 van 'n nuwe reeks oor die Tien Gebooie.  Scirptura kyk na die Mosaïese verbond as bediening van genade.  Wat is sonde, en kan gehoorsaamheid aan die wet ons red?   In God se groot genade het Christus gekom om ons sondeskuld te betaal, sodat ons gered kan word.  Is die tien gebooie dan nou nie meer van toepassing op ons nie?  Waarom wil ons die wet nie meer hoor nie?   Wat is die drie gebruike van die wet? 

  • Perspektief: Junie 2023

    11/07/2023 Duration: 43min

    In Perspektief van Junie 2023, kyk Scriptura na drie sake in die nuus, naamlik die boikot aksie teen Woolworths oor LGBTQ produkte, die "real housewives" van die wynlande  televisie-reeks , en die regering se skikking met Solidariteit oor rasooreenkoms vir regstellende aksie in Suid-Afrika.

page 2 from 16